Local news

KYK – Jong Springbok-ondersteuner se hart breek ná naweek van nederlae

Na 'n sportnaweek vol teleurstelling het sewejarige Colin Odendaal van Ermelo in trane uitgebars toe die Springbokke die knie moes buig.

ERMELO – Vir die sewejarige Colin Odendaal was die naweek van 16 Augustus beslis een om te vergeet.

Na ’n reeks sportnederlae, kon sy jong gemoed dit eenvoudig nie meer hou nie, en het die trane vryelik gevloei nadat die Springbokke verloor het.

Colin, ’n kranige sportliefhebber, het die al die aksie op TV gevolg.

Die teleurstelling het begin toe die Proteas teen Australië verloor het, en toe moes die Springbokke in ’n naelbytstryd ook nog die knie voor Australië buig.

Dit is gevolg deur die hartseer nuus dat Dricus “Stillknocks” du Plessis sy UFC-titel kwyt is.

Die oomblik toe die eindfluitjie geblaas het en die telling teen die Bokke was, het Colin se emosies oorgeneem.

“Hy het in trane uitgebars, hy was só hartseer oor die Springbokke se verlies,” het sy ma, Zanelle, gesê.

Colin is darem nou weer vol moed nadat die Bokke sedertdien hul opvolgwedstryd teen Australië gewen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button