Local news

Taxi-ongeluk laat talle beseer in Ermelo

Slegs een voertuig was in die ongeluk betrokke, maar verskeie insittendes het beserings opgedoen.

ERMELO – ‘n Ernstige ongeluk het vroeer vanaand, 1 Oktober, op die Hendrina-pad plaasgevind, waar ‘n minibus-taxi op sy sy beland het naby die Boxer Sentrum.

Slegs een voertuig was in die ongeluk betrokke, maar verskeie insittendes het beserings opgedoen.

Die omvang van die beserings is nog nie bevestig nie.

Nooddienste, insluitend die polisie, EMS, insleepdienste, Msukaligwa Brand- en Reddingsdienste asook die verkeersdepartement is op die toneel.

Verkeersvloei in die omgewing is ontwrig en motoriste word gemaan om versigtig te bestuur.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie vasgestel nie..

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button