Local news

Ongeluk buite Ermelo eis bestuurder se lewe

’n Vroulike passasier is ernstig beseer, terwyl ’n tweede insittende geringe beserings opgedoen het.

ERMELO – Die bestuurder van ’n Toyota Tazz is op 28 September dood in ’n ongeluk wat net voor die Acacia-woongebied op die Piet Retief-pad plaasgevind het.

Die voorval het ongeveer 02:30 plaasgevind.

Drie persone was in ’n Tazz op pad Ermelo toe.

Volgens kapt. Carla Prinsloo, die woordvoerder van die Ermelo-polisie, het die bestuurder vermoedelik beheer oor die voertuig verloor, wat daartoe gelei het dat dit teen ’n keermuur langs die pad gebots en omgeslaan het.

Die bestuurder is op die toneel dood verklaar.

’n Vroulike passasier is ernstig beseer, terwyl ’n tweede insittende geringe beserings opgedoen het.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button