Hardloop met durf: Trek jou Speedo aan en maak ’n verskil
Ermelo se mans berei voor om in pers Speedo’s te draf vir ’n goeie doel tydens die jaarlikse Hollard Daredevil Run op 31 Oktober.
ERMELO – Maak gereed om jou ego én jou durf op die spel te sit!
Op 31 Oktober sal Ermelo se strate pers wees wanneer dapper manne hul Speedo’s aantrek vir die jaarlikse Hollard Daredevil Run – ’n nasionale inisiatief om bewusmaking vir testikulêre- en prostaatkanker te bevorder.
Die byeenkoms, in samewerking met CANSA en die Prostaatkankerstigting van Suid-Afrika, moedig mans aan om hul trots op te offer ter wille van ’n ernstige boodskap: vroeë opsporing red lewens.
Selfs dié wat nie wil of kan hardloop nie, kan steeds aanmoedig of ’n bydrae maak tot hierdie unieke dag vir mansgesondheid.
Lees die volledige berig, insluitend deelname-inligting, in hierdie week se gedrukte uitgawe van die Highvelder.



