Local news

Ermelo Fotoklub kondig wenners vir Oktober aan

Judy Cronjé se 'Radiant', het die juniorafdeling gewen, en Leon Drotsky se 'Curves and lines', die seniorafdeling.

ERMELO – Die Ermelo Fotoklub-lede het op 17 Oktober hul maandelikse klubaand aangebied, en die vasgestelde onderwerp was ‘Low-key’.

Judy Cronjé se ‘Radiant’, het die juniorafdeling gewen, en Leon Drotsky se ‘Curves and lines’, die seniorafdeling.

In die opeafdeling is Marietjie Cronjé se foto, ‘Windpomp in kosmosveld’, as die wenner in die 1-sterafdeling aangewys.

Die wenner van die 2-sterafdeling was Kyla Eksteen met haar foto, ‘Ladybug’. Dié foto was ook die algehele wenner van die juniorafdeling.

Bianca Breytenbach se ‘Keer hom’ het die 3-sterafdeling gewen.

In die 4-sterafdeling het Tina de Villiers se ‘Wit elegante vlinder’ gewen en Gert Kotze se ‘Swael dans’, was die wenner van die 5-sterafdeling asook die algehele wenner van die seniorafdeling.

Ermelo Fotoklub bied maandeliks die geleentheid vir fotograwe om hul vermoëns te slyp.

Die volgende vergadering sal op 14 November plaasvind. Indien jy wil aansluit, stuur ‘n e-pos aan ermelofotoklub18@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button