Local news

Emosionele afskeid vir Ligbron se matrieks en geliefde adjunkhoof

Die seremonie het hierdie jaar ’n ekstra tikkie sentiment bygekry, aangesien die skool ook van die geliefde Lenie van Zyl afskeid moes neem.

ERMELO – Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 17 Oktober op ’n besonderse en emosionele wyse van die 2025-matriekgroep afskeid geneem asook van ’n ware Liggie-legende, Lenie van Zyl.

Die jaarlikse Kersdoofseremonie wat die einde van hul skoolloopbaan simboliseer, is vir die gr. 12’s gehou.

Tydens hierdie betekenisvolle seremonie dra die hoofleiers kandelare met kerse na die verhoog.

Elke kandelaar het vyf kerse, wat die leerders se vyf jaar by die skool simboliseer.

Die skoolhoof steek twee enkele kerse aan, terwyl hy al die ander doof.

Onder luide toejuiging van die res van die skool, verlaat die gr. 12-klas die saal, met die hoofleiers, wat die twee aangesteekte kerse dra, aan die voorpunt.

Hierdie ritueel simboliseer dat die matrieks se tyd by die skool verby is en dat hulle vanaf daardie oomblik, hul eie ‘lig’ in die wêreld buite die skoolhekke moet laat skyn.

Die seremonie het hierdie jaar ’n ekstra tikkie sentiment bygekry, aangesien die skool ook van die geliefde adjunkhoof van akademie wat aftree, afskeid moes neem.

Van Zyl se eie kers is ook tydens die geleentheid gedoof. Sy was vir 36 jaar aan Ligbron verbonde.

Tydens haar kersdoof is verskeie videoboodskappe van oudleerlinge vertoon, wat almal met groot lof en waardering getuig het van die enorme en blywende impak wat sy op hul lewens en loopbane gehad het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button