Local news

Ermelo-gimnaste skitter by SA Kampioenskap

Op vlak 4 het Stewart Boyder ’n bronsmedalje vir sy vertoning op die spronge verower en ’n sesde plek vir sy roetine op die gelykbrug verwerf.

Vier gimnaste van die Ermelo Gimnastiekklub het tydens die Oktobervakansie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Centurion deelgeneem, nadat hulle by die Mpumalanga-proewe gekwalifiseer het.

“Hulle het goeie prestasies behaal, en beskik oor die potensiaal om nog groot hoogtes in die toekoms te bereik,” het die afrigter, Thina van Rensburg, gesê.

Op vlak 4 het Stewart Boyder ’n bronsmedalje vir sy vertoning op die spronge verower. Hy het ook ’n sesde plek vir sy roetine op die gelykbrug verwerf.

Tajana Pienaar het haar beste vertoning op spronge en brug gelewer, terwyl Astrid von Wielligh goeie punte in spronge en op die vloer behaal het.

Op vlak 5 het Sthabile Mazibuko, ten spyte van beserings, goeie punte op beide die spronge en vloer behaal.

“Baie geluk aan elkeen wat hard gewerk en goeie vertonings gelewer het,” het Van Rensburg gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button