Local news

Gr. 11-leerders van Hoërskool Ermelo ontvang streepbaadjies

Die streepbaadjie lê die Erries na aan die hart en dit is elke jaar vir die gr. 11’s ’n groot hoogtepunt om hul baadjies te ontvang.

ERMELO – Hoërskool Ermelo het onlangs sy jaarlikse streepbaadjieseremonie in die ouditorium aangebied.

Die ouers van vanjaar se gr. 11-leerders het die geleentheid gekry om die gr. 12-streepbaadjie aan hulle kinders te oorhandig.

Die streepbaadjie is simbolies vir die leierskap wat die Erries hoog op prys stel; dit is nie net die Errie-raad wat as leiers gesien word nie, maar al die matriekleerders wat die Erries moet lei.

In 1996 is die streepbaadjie afgeskaf weens die hoë koste as gevolg van onbeskikbaarheid van die materiaal.

Hoërskool Ermelo se gr. 11-leerders ontvang hul streepbaadjies. Foto | Verskaf/EHS

In 2010 het wyle mnr. Bok Martins weer hierdie baadjie ingestel.

Die wit van die baadjie verteenwoordig reinheid en hoop, terwyl die groen moed en hoop simboliseer.

Tydens die seremonie is die Skoolbybel en -vlag aan 2026 se presidente oorhandig. Die Bybel is aan Tilana Uys as simbool van geloof oorhandig.

Die streepbaadjie lê die Erries na aan die hart en dit is elke jaar vir die gr. 11’s ’n groot hoogtepunt om hul baadjies te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button