Local news

Volle Evangelie Kerk se kreatiewe fondsinsameling lok talle Ermelo-bruide

Koek, tee en troudagpret het die oggend by die Volle Evangelie Kerk in Ermelo onvergeetlik gemaak.

Die Volle Evangelie Kerk in Ermelo het ’n vrolike fondsinsamelingsoggend aangebied, waar bruide hul tekkies ingespan het vir koek, tee en samehorigheid.

Volgens Saretha Ferns, organiseerder en pastoor, het die idee vir die “Trourok en Tekkie Tee” ontstaan toe ’n paar “gemeente-sussies” een Saterdag saam koffie gaan drink het

Yvonne Dippenaar, wat al 50 jaar getroud is, praat tydens die Volle Evangelie Kerk se “Trourok en Tekkie Tee” in Ermelo.
Die spreker by die oggend was Yvonne Dippenaar, wat al 50 jaar getroud is.

Sien al die foto’s: HIER

Spreker van die dag Yvonne Dippenaar het waardevolle huweliksraad gedeel en die oggend was vol lag, pryse en ’n troudagprogram.

Meer besonderhede in vandeesweek se Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button