Local news
Laerskool JJ van der Merwe groet gr. 7’s
Dié spesiale gebeurtenis is 'n belangrike tradisie wat die einde van die leerders se laerskoolloopbaan simboliseer.
ERMELO – Trane en trots by Laerskool JJ van der Merwe het op 6 November hand aan hand geloop toe die skool amptelik van die gr. 7’s tydens die jaarlikse klokseremonie afskeid geneem het.
Dié spesiale gebeurtenis is ‘n belangrike tradisie wat die einde van die leerders se laerskoolloopbaan simboliseer.

Die seremonie het tydens saalopening plaasgevind toe die gr. 7’s en hul ouers saam hierdie mylpaal gevier het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



