Local news
Fortuner en Land Cruiser in botsing by Ermelo-kruising
’n Toyota Fortuner en ’n Land Cruiser het vanoggend by die Brummer- en Malan-kruising in Ermelo gebots. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.
ERMELO – ’n Toyota Fortuner en ’n Toyota Land Cruiser was vanoggend net voor 08:00 in ’n botsing by die kruising van Brummer- en Malanstraat betrokke.
Volgens voorlopige inligting blyk dit dat geen ernstige beserings opgedoen is nie.
Die polisie, asook plaaslike insleepdienste, is op die toneel.
Motoriste is aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik terwyl die toneel opgeruim word.
Teen druktyd was die oorsaak van die botsing nog nie bevestig nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



