Twee bakkies bots by Oak Centre-kruising in Kerkstraat
Twee bakkies, een met ‘n koei op ‘n sleepwa, was by die Oak Centre-kruising betrokke in ‘n ongeluk.
ERMELO – Twee bakkies, een met ‘n sleepwa wat ‘n bees vervoer het, was vroeër vandag betrokke by ‘n botsing by die Oak Centre-kruising in Kerkstraat.
Beide voertuie het skade opgedoen, maar gelukkig is geen beserings aangemeld nie.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onseker.
Msukaligwa-verkeersbeamptes, saam met Shesha en Van Wettens Sleepdienste, plaaslike SAPD-lede en Route Patrol, was op die toneel.
Verklarings is van die betrokke persone geneem, en die voertuie is daarna verwyder om die verkeer by die kruising te herstel.
*** Hierdie berig is opgedateer om die korrekte straatnaam van die ongelukstoneel weer te gee. Hoëvelder het foutiewelik berig dat die voorval in Fouriestraat plaasgevind het, terwyl dit in werklikheid op die hoek van Kerk- en Burgerstraat gebeur het.







