VIDEO – Mamma jubel en juig na Roané (4) se MRI-skandering
Douwlene het gedeel dat Roané ten volle sal genees, hoewel daar 'n lang pad van rehabilitasie vir haar voorlê.
ERMELO – Roané Griffin (4) se mamma, Douwlene, het in ’n emosionele stemboodskap die nuus gedeel dat die MRI-skandering wat vandag gedoen is, goeie nuus gebring het.
Dié MRI-skandering is gedoen, na daar vermoed is dat Roané moontlike breinskade kan hê.
Douwlene het gedeel dat Roané ten volle sal genees, hoewel daar ‘n lang pad van rehabilitasie vir haar voorlê.
Die bloeding op die brein, wat die gevolg was van die impak, is reeds besig om te genees.
Roané was saam met haar pa, ouma en suster op 14 November in ‘n kop-aan-kop botsing op die Amersfoortpad buite Ermelo betrokke.
Sedertdien is dié lewenslustige vierjarige in die pediatriese trauma-eenheid van Netcare Alberton.
“Dankie aan almal wie saam ons bid. Ons sal nie ophou dankie sê vir God. Die is krag van gebed. En ons kan nie ophou vir haar bid want die hardewerk begin nou.”
Die gemeenskap het vandag twee gebedsgeleenthede gehou, waar hul in geel geklee was om vir Roané en haar gesin in gebed in te tree.



