Local news

VIDEO – Chrissiesmeer se water styg tot naby Genesaret-saal ná onlangse reënval

Ondanks watervlakke en sommige staanplekke wat nou onder water is, bly Genesaret by Chrissiesmeer steeds oop.

CHRISIESMEER — Onlangse swaar reënval in die Chrissiesmeer-gebied het gelei tot ’n beduidende styging in watervlakke, met water wat reeds tot naby die saal by die Genesaret-kampterrein gestoot het.

Genesaret is ’n meerdoelige kampterrein aan die oewer van die Chrissiesmeer en word veral gedurende vakansietye deur kampeerders, vissermanne en gesinne besoek.

Verskeie speelareas op die terrein is tans deur water omring, terwyl heelwat kampeerstaanplekke gedeeltelik onder water lê.

Van die elektriese kragpunte op die terrein steek net bo die wateroppervlak uit — ’n sigbare aanduiding van hoe die watervlakke gestyg het.

Sien al die foto’s: HIER

Ten spyte hiervan bly Genesaret steeds oop vir die publiek. Kampeerders wat reeds hul tente opgeslaan het, laat hulle nie maklik ontmoedig nie, en die algemene gees op die terrein bly opvallend positief.

Vir baie besoekers bly visvang die prioriteit, met hengelaars wat eers tot net bo kniehoogte instap voordat hulle hul lyne in die dieper water kan gooi, aangesien die gestygde watervlak oor areas gestoot het wat voorheen as kampeerterreine gebruik is.

Kampeerders noem dat kragpunte steeds beskikbaar is, wat beteken dat basiese geriewe nie verlore is nie.

Die terrein beskik oor ’n kombinasie van kampeerplekke met kragpunte, sowel as verskeie oornageenhede, wat dit geskik maak vir gesinne en groepbesoeke.

Op dae waar die weer bewolk of nat is, is daar ook steeds vermaak vir kinders én volwassenes.

’n Ronde tafeltennis bied binnenshuise afleiding, terwyl die vlugbalbaan ’n welkome opsie bly wanneer die weer dit toelaat.

Ten spyte van die gestygde watervlakke bly Genesaret ’n gewilde bestemming vir vakansiegangers wat die stilte, buitelewe en ontspanning langs die Chrissiesmeer wil geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button