Local news
Tragiese dood vir polisielid met bande met Ermelo
Konstabel Gift Mota met bande in Ermelo, het sy lewe verloor tydens ’n verdagte agtervolging in Noordwes in die Phokeng-gebied.
Konstabel Gift Mota (25), oorspronklik van Ermelo, is op 4 Februarie oorlede nadat hy in ’n dam verdrink het tydens ’n agtervolging van ’n verdagte in Phokeng, Noordwes.
Volgens beriggewing deur Parys Gazette was Mota en kollegas op patrollie toe hulle ’n verdagte, wat glo met roof- en huisbraaksake verbind word, agternagesit het.
Die verdagte het glo in ’n dam ingevlug, waarna Mota agterna geswem het en uit sig verdwyn het.

Die SAPD se duikeenheid het later sy liggaam herwin.
’n Geregtelike doodsondersoek is ingestel. SAPD-bestuur het hul meegevoel met sy familie, vriende en kollegas uitgespreek.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



