Ermelo Fotoklub se maandelikse klubaand fokus op tema ‘Spore’
Die tema “Spore” het kreatiwiteit by Ermelo Fotoklub se Februarie-klubaand ontlok, waar lede hul beste foto’s vir beoordeling ingeskryf het.
ERMELO – Die Ermelo Fotoklub-lede het op 13 Februarie hul maandelikse klubaand aangebied.
Die vasgestelde onderwerp vir die maand was ‘Spore’, en die lede het interessante foto’s daarvoor ingeskryf.
Judy Cronje se ‘Sandy steps’ het die juniorafdeling gewen, en Christa Strauss se ‘Snail rally’, die seniorafdeling.
In die opeafdeling is Minnette Kruger se foto, ‘Knapsakkêrel’, as die wenner in die 1-sterafdeling aangewys.
Dié foto was ook die algehele wenner van die juniorafdeling.
Die wenner van die 2-sterafdeling was Marietjie Cronje met haar foto, ‘Doringbaai Lighthouse’ en Bianca Breytenbach se ‘The yawn’ het die 3-sterafdeling gewen.
In die 4-sterafdeling het Annise Smit se ‘BRSA 2025’ gewen, en Leon Drotsky se ‘Blouvalk oppad’ was die wenner van die 5-sterafdeling.
Drotsky se foto was ook die algehele wenner van die seniorafdeling. Die Ermelo Fotoklub bied maandeliks die geleentheid vir fotograwe om hul vermoëns te slyp.
Die volgende vergadering sal op 13 Maart plaasvind. Indien jy daar wil aansluit, stuur ‘n e-pos aan ermelofotoklub18@gmail.com.



