Local news

‘n Potensiële styging in brandstofpryse plaas boere onder druk

Potensiële styging in brandstofpryse kan plaaslike boere se winsgewendheid en die oesseisoen op die Hoëveld ernstig beïnvloed.

Plaaslike boere kan voorberei vir moontlike skerp stygings in petrol en diesel vanaf die begin van April.

Volgens die Sentrale Energiefonds (SEF) kan brandstofpryse aansienlik styg, wat huishoudings en boere se begrotings direk raak.

Hoër brandstofkoste plaas druk op boere se winsgewendheid en die oes, veral op die Hoëveld waar kommoditeitspryse reeds laag is.

Hoëvelder het met Robert Davel, uitvoerende bestuurder van AgriMP, en Lion du Plessis, president van AgriMP hieroor gesels.

Davel sê: “’n Skerp styging in brandstofpryse sal verder druk plaas op die winsgewendheid van verskeie kommoditeite. Sou die prys van Brent die huidige hoë pryse handhaaf, kan die beskikbaarheid van brandstof moontlik ’n groter direkte uitdaging wees as die prys daarvan.”

Hy sê verder dat die huidige oorlog in die Midde-Ooste ’n negatiewe impak op die SA-ekonomie het, en dat die landbousektor nie hierdie impak gaan vryspring nie.

Hy beklemtoon die negatiewe impak van die Midde-Ooste-oorlog op die SA-ekonomie en landbou.

“Hoe langer die oorlog voortduur, hoe groter gaan die verliese wees. Ons hoop dus vir spoedige stabiliteit in die Midde-Ooste.”

Lees ook die insette van AgriMP se president, Lion du Plessis, oor die uitdagings wat boere tydens die oesseisoen ervaar en die voorspelde brandstofprysstygings in die Hoëvelder se gedrukte uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button