Local news

Vier voertuie betrokke by ongeluk in Kerk- en Tautestraat, Ermelo

Vier voertuie was oomblikke gelede in Ermelo se Kerk- en Taute-straat in ’n botsing betrokke. Die pad is oop vir verkeer.

ERMELO – Vier voertuie was oomblikke gelede in ’n botsing betrokke by die Kerk- en Tautestraat-kruising.

Die voertuie wat betrokke was, sluit in twee Volkswagen Polos, ’n Renault en ’n Mercedes.

Volkswagen Polo betrokke by botsing in Ermelo
Een van die twee Volkswagen Polos wat by die viervoertuigbotsing betrokke was, was op die toneel. Foto: René Joubert

Nooddienste, insluitend die provinsiale ambulansdienste, plaaslike polisie, verkeersbeamptes, insleepdienste en die Msukaligwa Brand- en Reddingsdienste, is vinnig na die toneel ontbied.

Een bestuurder is deur ambulanspersoneel behandel, maar die omvang van sy beserings is tans onbekend.

Msukaligwa Brand- en Reddingsdienste op ongelukstoneel in Ermelo
Msukaligwa Brand- en Reddingsdienste is vinnig na die Kerk- en Tautestraat-botsing ontbied. Foto: René Joubert

’n Vrou wie se voertuig in die parkeerarea van ’n aangrensende onderneming gestaan en beskadig is, is ook deur mense in die area bygestaan en vir skok behandel.

Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gerbuik terwyl die toneel opgeruim word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button