Local news

Ermelo-dogters vertel oor impak van Annebel-projek

Die Annebel-projek in Ermelo vier 15 jaar van liefde, waardigheid en ondersteuning aan jong dogters op Ermelo.

ERMELO – Annebel, gestig deur Saretha Ferns, ondersteun al 15 jaar minderbevoorregte meisies op die dorp.

Die organisasie bied nie net praktiese hulp nie, maar ook waardigheid, hoop en ’n gevoel van aanvaarding.

Ter viering van die mylpaal is kolwyntjies gebak en aan al die Annebel-dogters oorhandig.

Een voormalige Annebel-meisie het haar ervaring soos volg beskryf:

“Om vir vyf jaar lank deel van die Annebel-familie te wees, was vir my soveel meer as net materiële hulp. Daar is ’n spesifieke soort vrees wat ’n jong meisie voel wanneer sy weet die maand kom tot ’n einde, maar daar is nie geld vir die mees basiese dinge nie. Annebel het daardie vrees kom wegvat.
Daardie maandelikse pakkie met room, sjampoe, sanitêre produkte en spuitgoed was nie net produkte nie – dit was waardigheid in ’n sak.
Elke keer as ek daardie pakkie oopgemaak het, het ek onthou dat ek raakgesien word, dat ek saak maak. Dit het my die vryheid gegee om my kop hoog te hou in die skoolsaal en op die terrein, sonder om skaam te wees oor my omstandighede. Julle het nie net my velsorg of higiëne versorg nie, julle het my menswaardigheid opgepas toe ek dit self nie kon doen nie. My hart sal vir altyd dankbaar wees, vir Annebel en die verskil wat julle gemaak het.”

Nog ’n boodskap lui:

“Van die dag wat ons jou ontmoet het, het jy my geleer om my waarde as ’n vrou te ken en hoe om myself te dra. Jy het my geleer van geduld, vrede en vriendelikheid. Jy het my laat voel ek word raakgesien.
Jy het my ook geleer hoe belangrik persoonlike higiëne is en om dit konsekwent toe te pas. Baie geluk met Annebel se verjaardag. Mag daar nog baie jare wees.”

Die boodskappe van die meisies beklemtoon die impak van Annebel se 15-jaar-diens – van leer oor selfwaarde en persoonlike higiëne tot die ervaring van hoop, liefde en ondersteuning.

Die organisasie se volgehoue toewyding het talle lewens in Ermelo verander en bly jong meisies inspireer.

Lees meer oor nóg ervarings van Annebel-dogters en die impak van hierdie 15-jaar-gemeenskapsprojek in die volgende gedrukte uitgawe van die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button