Plaaslike atlete wys hul staal by Goldi-wedloop
Ermelo se atlete het Standerton op horings geneem tydens die gewilde Goldi-wedloop op 21 Maart.
Plaaslike atlete het puik resultate op 21 Maart tydens die jaarlikse Goldi-wedloop in Standerton behaal, met uitstaande vertonings oor die 42 km-, 21 km- en 10 km-afstande.
In die 42 km-marathon, het Sizo Moshe gewys dat ouderdom bloot ’n getal is.
Moshe, wat in die 60 tot 69ouderdomskategorie meeding, het die roete in ’n tyd van 04:50:00 voltooi.
Die 21 km-halfmarathon het ’n groot groep plaaslike deelnemers gelok.

Cicile Koekemoer was die vinnigste atleet van Ermelo in hierdie afdeling met ’n tyd van 01:55:00, kort op die voet gevolg deur Andries Koekemoer en Mandy van der Merwe, wat albei die horlosie op 01:57:00 laat stop het.
Cicile was algeheel tweede in die 40+-ouderdomskategorie.
Ander deelnemers se tye in die 21 km-wedloop sluit in:
• Madelein Landman, Leana Lloyd en Jodine Venter – 02:09:00.
• Hilda Kotze – 02:22:00.
• Leonie Potgieter – 02:23:00.
• Yolanda Rautenbach – 02:25:00.

Israel Dube het die korter afstand oorheers en die 10 km-wedloop in ’n blitsige 0:40:00 voltooi. Hy is gevolg deur Nico Weweje, wat ’n tyd van 0:49:00 aangeteken het.
Lungelo Mbokodo en Charlene Hlatshwayo het saam oor die wenstreep gedraf in 01:14:00, terwyl Annaline Weweje die wedloop in ’n tyd van 01:24:00 voltooi het.




