Morné stap as wêreldkampioen weg in die .223-klas
Morné Barnett het die wêreldtitel in die .223-klas by die 2026 Internasionale Jaggeweerskietkampioenskap gewen.
Morné Barnett, wat op ’n plaas tussen Breyten en Ermelo woon, het Suid-Afrika by die vyfde Internasionale Jaggeweerskietkampioenskap verteenwoordig en as wêreldkampioen in die .223-afdeling gekroon.
Die kampioenskap is van 12 tot 18 Julie op Louvain Gasteplaas naby George aangebied, waar Suid-Afrika, Namibië en die Tsjeggiese Republiek meegeding het.
Barnett het teen sowat 80 deelnemers in die .223-klas meegeding.
Hy beskryf die oomblik toe sy naam as kampioen aangekondig is as “onwerklik” en sê dit was ’n groot voorreg om Suid-Afrika te verteenwoordig.
Sy volgende doelwit is om vir die Proteaspan in die opeklas te kwalifiseer en internasionaal mee te ding.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



