Schools

Morgenzon Landbou Akademie kraai koning op rugbyveld

MLA se o. 19-Stallion het na ’n klipharde stryd met 12 punte gelykop gespeel en deel die trofee.

MORGENZON – Drie van Morgenzon Landbou Akademie se rugbyspanne het onlangs in die eindstryd van die Noordvaal-afdeling 5A by Hoërskool Suiderberg meegeding.

Deur die seisoen het dié spanne uitstekende rugby gespeel en hulle goed van hul taak gekwyt.

Die o. 15- en o. 17-spanne het teen Hoërskool Westonaria te staan gekom en die o. 19-span het kragte teen Hoërskool Magalies gemeet.

MLA se o. 19-Stallion het na ’n klipharde stryd met 12 punte gelykop gespeel en deel die trofee.

Die puntemakers in die span was Ettiene van Eeden en Mthokozisi Nkonyane wat elk ’n drie aangeteken het, en Ruan Lombaard het een drie verdoel.

Die o. 17-span moes die knie buig, terwyl die o. 15-Brumbiespan hul wedstryd 33-17 gewen het. AJ Willemse het een strafskop vir die o. 17-span oorgeskop.

Die puntemakers vir die o. 15’s was PJ Kristen en Wynand Cronjé wat elk twee drieë aangeteken het, Wihan van der Merwe het een drie gedruk en Tiaan Strydom het vier drieë verdoel.

“Baie geluk aan die afrigters en die spelers van die Stallions o. 19 en die Brumbies wat dus as die Noordvaal-afdeling 5A se wenners gekroon is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button