Schools

Nelstehuis bied prettige Las Vegas-bal aan

Die koshuisdogters het almal saam gewerk om die tema elegant in die eetsaal, voorportaal en studiesaal van Nelstehuis uit te beeld.

Na twee jaar was Hoërskool Ermelo se dogterskoshuis, Nelstehuis, meer as gereed om weer ’n Nelsiebal aan te bied en die Erries het dié sosiale geleentheid met albei hande aangegryp.

Vanjaar se tema was Las Vegas en die koshuisdogters het almal saam gewerk om die tema elegant in die eetsaal, voorportaal en studiesaal uit te beeld.

EHS se 20TWINTIG-kafeteria het die kos vir die aand voorberei en die ete is met Oreo-roomys afgesluit.

Die Nelsie se gr. 8’s was kelners en ’n professionele fotograaf het die herinneringe vasgevang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button