Schools

Errie-raad ploeg terug in gemeenskap en help klein Devin

Die amper vyfjarige Devin is goedgekeur vir ’n kogleêre inplanting, wat sy enigste kans sal wees om normaal te kan hoor.

ERMELO – Jaarliks pak Hoërskool Ermelo se Errie-raad ’n projek aan om die gemeenskap te help, en vanjaar se projek was ten bate van Devin Rheeders.

Devin is deur die oorinstituut in Pretoria met ouditiewe sinchronisasiedisfunksie (ANSD) gediagnoseer en benodig kogleêre inplantings.

’n MRI- en CT-skandering is gedoen om alle ander moontlike oorsake van gehoorverlies uit te skakel en om te bevestig of Devin ’n geskikte kandidaat vir die inplantings sou wees.

Deur kragte saam te span en in klasverband te kompeteer, het die Erries daarin geslaag om R30 000 se munte in te samel.

Die amper vyfjarige Devin is goedgekeur vir ’n kogleêre inplanting, wat sy enigste kans sal wees om normaal te kan hoor.

Hierdie inplanting sal die gehalte van Devin se lewe en toekoms aansienlik verbeter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button