Schools

Ligbron Akademie vir Tegnologie se gr. 8’s hou konsert en ontvang blou baadjies

Die leerlinge se liggies word namate hulle die einde van hul gr. 12-jaar bereik, weer gedoof wat simboliseer dat hulle dan die lig in die samelewing sal kan uitdra.

Tydens Donderdag se groentjiekonsert en baadjieseremonie, is die gr. 8-leerlinge by Ligbron Akademie vir Tegnologie amptelik as Liggies by die skool verwelkom.

Tot groot vermaak van die gehoor, het die verskeie gr. 8-klasse ’n groentjiekonsert aangebied, waarna die baadjie- en kersseremonie plaasgevind het.

Chantelle Faul, ‘n Ligbron Leerder Bestuur-lid. Foto | Wayne van der Walt

Ligbron het die besondere tradisie waar die VLR-lede elke gr. 8-leerder se liggie (kers) ná afloop van die konsert aansteek en hul blou baadjies aan hulle oorhandig.

Die leerlinge se liggies word namate hulle die einde van hul gr. 12-jaar bereik, weer gedoof wat simboliseer dat hulle dan die lig in die samelewing sal kan uitdra.

GALERY – Gr. 8-Liggies hou konsert en ontvang hul baadjies

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button