Ligbron-atlete presteer by Suid-Afrikaanse Skole Atletiekbyeenkoms
Siyanda en Asanda het beide goue medaljes verower toe Mpumalanga se 100 m-aflosspan hul wedloop gewen het.
Vyf van Ligbron se atlete het vanaf 2 tot 5 April aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekbyeenkoms in Germiston deelgeneem.
Anele Ngwenya het ’n sewende plek in die hoogspring verwerf en Siyanda Mkhonza het ’n sewende plek in die seuns o. 19 100 m behaal.
Brenda Kirsten het haar staal gewys toe sy as lid van die dogters o. 17 100 m-aflosspan ’n brons medalje verwerf het.
Bandile Thanjekwayo het ’n vyfde plek verwerf in die seuns o. 17 110 m-hekkies verower.

Asanda Mabuza het ’n vyfde plek het in die seuns o. 19 100 m behaal.
Siyanda en Asanda het beide goue medaljes verower toe Mpumalanga se 100 m-aflosspan hul wedloop gewen het.
“Ligbron is ongelooflik trots op hierdie vyf atlete. Hul prestasies is die resultaat van deursettingsvermoë en harde werk,” het die hoof, Gerhard Brand, gesê.
Die skool het hul dank uitspreek teenoor die afrigters, Elmarie Grobler, Carinche Pretorius, Marisca de Klerk, Marelize Delport, Nicolene le Roux en Tiaan Rosslee vir die lang ure wat hulle bestee het aan die ontwikkeling van die atlete.



