Schools

Rugbylegende besoek Ligbron Akademie vir Tegnologie

Sy boodskap aan die Liggies is om nooit op te gee nie.

ERMELO – Ligbron het op 2 Mei ’n besonderse gasspreker ontvang toe oud-Springbok Stefan Terblanche die skool besoek het.

Die besoek is moontlik gemaak deur die skool se Old Boys Beatiful Girls (OBBG).

Terblanche het gedurende die oggend ’n motiveringspraatjie aan die leerders gelewer.

Hy vertel hoe hy na 20 jaar as toprugbyspeler Nieu-Seeland se GODzone Adventure Race saam met drie spanlede aangepak het. Die spanne moes in nege dae 550 km sonder enige ondersteuning te voet of met fietse en kajakke aflê.

As ’n spanlid nie verder kon voortgaan nie, word die hele span gediskwalifiseer.

Sy boodskap aan die leerders was dat ‘n mens baie keer dink jy het die hoogtepunt in jou veld bereik, en dan word jy voor ’n groter uitdaging gestel wat jou vermoë tot verdere uiterstes toets.

Hy het hierdie gebeurtenis in sy lewe met die leerders gedeel om te illustreer dat daar altyd struikelblokke in die lewe sal wees, en dat ‘n mens daarom nooit moet moed opgee nie.

Die dag het afgesluit met ’n funksie vir die OBBG en die skool se rugbyafrigters.
Terblanche, wat sy rugbyloopbaan ongeveer 20 jaar gelede by die Sharks begin het, het ook 37 wedstryde vir die Springbokke gespeel en kan spog met 19 drieë vir hulle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button