Schools

Twee Erries deur na nasionale redenaarseindstryd

Vier Erries het op 25 Mei aan die regstreekse aanlyndeelname deelgeneem.

Hoërskool Ermelo het vanjaar vir die eerste keer aan die landswye Interskole Redenaarsligakompetisie deelgeneem.

Skole buite die Gauteng-area neem eers aan aanlynuitdunne deel waarna die topleerders genooi word om in die nasionale eindstryd mee te ding.

Vier Erries het op 25 Mei aan die regstreekse aanlyndeelname deelgeneem.

Carel Hancke het aan die gr. 8’s se voorbereide kategorie deelgeneem, An-Euné van Niekerk en Lidmari Sheppard het beide in die gr. 9’s se voorbereide kategorie meegeding en Karli van Schalkwyk in die gr. 9’s se onvoorbereide kategorie.

Lidmari Sheppard en Karli van Schalkwyk het na die nasionale eindstryd deurgedring.

Hulle sal Hoërskool Ermelo op 16 September by die Universiteit van die Witwatersrand verteenwoordig.

Related Articles

 
Back to top button