Schools

Ligbron bied eersteklas musiekblyspel aan

Die produksie het ’n groot aantal leerders betrek en ’n betowerende karnavalatmosfeer geskep.

ERMELO – Ligbron Akademie vir Tegnologie het vanaf 26 tot 28 Julie die The Greatest Show-musiekblyspel aangebied.

Die produksie het ’n groot aantal leerders betrek en ’n betowerende karnavalatmosfeer geskep.

Die gehalte van die produksie was eersteklas, met unieke kostuums, skitterende klank en verblindende beligting wat die gehoor vasgenael gehou het.

Foto | © Wayne van der Walt

’n Karnaval buite in die parkeerterrein het die vertoning voorafgegaan, en die mense kon speletjies speel, hul gesigte laat verf en ponieritte geniet. Hulle het heerlik aan melkskommels oorlaai met snoepgoed, spookasem en ander eetgoed wat sinoniem met karnaval is, gesmul.

SIEN OOK: GALERY – The Greatest Show op die planke by Ligbron Akademie vir Tegnologie

Lees meer hieroor in die volgende Hoëvelder.

 

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button