Schools

Ligbron bied eersteklas musiekblyspel aan

Die produksie het ’n groot aantal leerders betrek en ’n betowerende karnavalatmosfeer geskep.

ERMELO – Ligbron Akademie vir Tegnologie het vanaf 26 tot 28 Julie die The Greatest Show-musiekblyspel aangebied.

Die produksie het ’n groot aantal leerders betrek en ’n betowerende karnavalatmosfeer geskep.

Die gehalte van die produksie was eersteklas, met unieke kostuums, skitterende klank en verblindende beligting wat die gehoor vasgenael gehou het.

Foto | © Wayne van der Walt

’n Karnaval buite in die parkeerterrein het die vertoning voorafgegaan, en die mense kon speletjies speel, hul gesigte laat verf en ponieritte geniet. Hulle het heerlik aan melkskommels oorlaai met snoepgoed, spookasem en ander eetgoed wat sinoniem met karnaval is, gesmul.

SIEN OOK: GALERY – The Greatest Show op die planke by Ligbron Akademie vir Tegnologie

Lees meer hieroor in die volgende Hoëvelder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button