EHS-gasvryheidleerders besoek Famous Brands
Die proses van koffiebone rooster en verpak was insiggewend, en die geur van vars gemaalde koffie het die Erries van die studierigtings wat die industrie bied, te oorweeg.
Hoërskool Ermelo se gasvryheidsleerders het onlangs Famous Brands in Midrand se aanleg, waar die souse en speserye verpak word, besoek.
Die leerders het ’n deeglike veiligheidskursus gedoen en moes toets skryf met ’n toelatingsyfer van 85%. Al die leerders het geslaag.
Famous Brands voorsien produkte aan onder andere Wimpy, Steers, Mugg & Bean en Debonairs.
Die maak van die souse in grootmaat was vir die groep baie interessant.
Daarna is die Erries met ’n Steers-burger en -skyfies vir middagete bederf. Hulle is na Famous Brands se koffieaanleg in Centurion. Daar is hulle bederf met cappuccino’s en kon hulle selfs saam met ’n barista hul eie koffie maak.
Die proses van koffiebone rooster en verpak was insiggewend, en die geur van vars gemaalde koffie het die Erries van die studierigtings wat die industrie bied, te oorweeg.
“Dankie aan mnr. Dries van Rensburg van Wimpy wat dit vir die Erries moonlik gemaak het,” het die skoolhoof, Pieter Grobler, gesê.



