Schools

Liggie-ingenieurs in wording

Ligbron Akademie vir Tegnologie het ’n opwindende bydrae tot die onlangse SAICE-brugboukompetisie gelewer.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het ’n opwindende bydrae tot die onlangse SAICE-brugboukompetisie by die Sasol Secunda Ontspanningsklub gelewer.

Hierdie kompetisie het agt skole en 17 spanne bymekaargebring.

Ligbron het ’n sterk teenwoordigheid gehad. Twee van sy spanne het aan die kompetisie deelgeneem.

Ligbron se eerste span het ’n uitstekende prestasie gelewer en eindig op ’n vierde plek.

Die hoogtepunt was die tweede span van Ligbron, wat ’n brug gebou het wat ’n indrukwekkende 68,3 kg kon dra – wat hulle die tweede plek verseker het.

Die lede van die tweede span het nie net die eer van ’n silwer medalje ontvang nie, maar elke spanlid was ook beloon met ’n kontantprys van R500.

Related Articles

 
Back to top button