Schools

Ligbron Akademie vir Tegnologie verwelkom nuwe liggies

Ligbron Akademie vir Tegnologie se nuwe graadagts is op 8 Februarie amptelik as deel van die skool ingelyf.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se nuwe graadagts is op 8 Februarie amptelik as deel van die skool ingelyf.

Hulle groentjieskonsert was soos oudergewoonte hoogs vermaaklik, maar die hoogtepunt van die aand was die tradisionele kers-en-baadjieseremonie.

Ligbron het die besonderse tradisie om elke gr. 8-leerder se liggie ná afloop van die konsert aan te steek, hulle blou baadjies aan hulle te oorhandig en hulle dan as ware Liggies te verwelkom.

Aan die einde van elke leerder se gr. 12-jaar word hulle liggies dan weer simbolies gedoof, en word hulle met vertroue die grootmenswêreld ingestuur waar hulle dan voortaan die lig in die samelewing uitdra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button