Schools

Hoërskool Ermelo se groentjies laat gemeenskap weer in verwondering

Die kompetisie tussen Huis Veltman, Nelstehuis en Huis Adriani het in goeie gees plaasgevind.

ERMELO – Hoërskool Ermelo het op 18 Maart sy gróót groentjieskonserttradisie voortgesit.

Die kompetisie tussen Huis Veltman, Nelstehuis en Huis Adriani het in goeie gees plaasgevind.

Dit is die gr. 12-leerders se verant-woordelikheid om binne ‘n week ‘n konsert vir die graadagts te skryf en af te rig, dekor te bou, kostuums te maak, danse uit te werk en af te rig, klank en beligting te hanteer om ‘n suksesvolle produksie op die planke te bring.

Die temas waarvolgens die graadtwaalfs die konsert moet skryf, word voor die tyd aan hulle gegee.

Hierdie jaar se temas was toegewydheid, advertering vir skakeling tot ‘n ketting, ‘n nuusberig, Dricus du Plessis + Po van die animasie Kung Fu Panda = 110%, asook ‘n gr. 8-groepdans.

Daarmee saam is die huise se gr. 9- tot -11-leerders ook deel van die huisdans onder leiding van die verskeie huise se dirigente. Hierdie groepe beeld elk ‘n selfgekose tema uit, en die optogte en danse sorg altyd vir hope opwinding.

Maak seker om vandeesweek se uitgawe van die Hoëvelder te kry vir al die uitslae.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button