Schools

Liggies behaal stewige prestasies tydens brugboukompetisie

’n Totaal van 21 spanne uit agt skole het met mekaar meegeding tydens die jaarlikse brugboukompetisie by Laerskool Goedehoop.

ERMELO – Ligbron Akademie se siviele leerlinge het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurswese se jaarlikse brugboukompetisie wat by Laerskool Goedehoop in Secunda gehou is, deelgeneem.

’n Totaal van 21 spanne uit agt skole het met mekaar meegeding.

Jean Sturgiss, Joe-Dyllan van Rooyen en Vanessa van Dyk se brug het ’n vyfde plek gehaal. Foto | Verskaf/Ligbron Akademie

Ligbron se spanne het onderskeidelik tweede, derde en vyfde geëindig. Brûe word volgens hulle ontwerp, die gewig daarvan, asook die gewig wat die brug kan dra, beoordeel.

Ligbron se brug, wat tweede plek gehaal het, kan ’n gewig van 57,3 kg dra. Die brug wat derde geëindig het, kan 37,7 kg dra.

Janco Pieters, Hanno Meyer en Wihan Griffin se brug het ’n derde plek gehaal. Foto | Verskaf/Ligbron Akademie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button