Schools

Erries geniet provinsiale Landsdienskamp

Gedurende die kamp moes elke span aan ’n wye verskeidenheid aktiwiteite deelneem.

Die Landsdiensleerders van Hoërskool Ermelo het onlangs die jaarlikse provinsiale Landsdienskamp by die Mighty Apies River Lodge bygewoon.

Gedurende die kamp moes elke span aan ’n wye verskeidenheid aktiwiteite deelneem.

Die verrigtinge is met ’n dans, Bybelstudiesessies en aandsang afgesluit, wat deurgaans hoogtepunte van die kamp was. Foto | Verskaf/Hoërskool Ermelo

Op die eerste aand is ’n tradisionele vlooimark aangebied waartydens die leerders handgemaakte items teen R5 elk verkoop het.

Die verrigtinge is met ’n dans, Bybelstudiesessies en aandsang afgesluit, wat deurgaans hoogtepunte van die kamp was.

Die Erries wat gekies is om die nasionale kamp by te woon, was Zethembe Shongwe (gr. 12), Megan McDermid (gr. 11) en Franco Gibbens (gr. 10).

Twee bykomende leerders is as reserwes gekies, naamlik Lisakhanya Sindi (gr. 12) en Elri Breedt (gr. 10).

“EHS is trots op hierdie leerders. Mag die Landsdiensleuse op ’n daaglikse grondslag gestalte by elke Landsdiener se lewe vind,” het die skoolhoof, Pieter Grobler, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button