Schools

Liggies lyk spoggerig vir matriekafskeid

Die graadelfs het met hul kreatiewe Modern Moroccan-tema die dekor vir die aand se matriekafskeid reggekry.

Die graadtwaalfs van Ligbron Akademie vir Tegnologie het die spanning van die rekordeksamen afgeskud, hul vere reggeskud en in volle styl die matriekafskeid aangepak.

Hierdie glansryke geleentheid het by die pragtige Smitsfield Venue plaasgevind.

Die aand het met spoggerige aankomste en elegante uitrustings afgeskop, en die leerders het duidelik moeite gedoen om die geleentheid onvergeetlik te maak.

SIEN OOK: GALLERY – A stylish send-off for Ligbron matric learners

Die graadelfs het met hul kreatiewe Modern Moroccan-tema die dekor reggekry, wat die perfekte atmosfeer vir hierdie spesiale aand geskep het.

Soos die son gesak het, het die matrieks hulself vir die volgende stap in hul lewens voorberei, maar eers is daar gedans, gelag en saam herinneringe gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button