Erries sê xin chao! vanuit Viëtnam
Dit was 'n kleurvolle, opwindende toer en die leerders en onderwysers het dit baie geniet, ten spyte van die drukkende hitte
ERMELO – ‘n Groep leerders van Hoërskool Ermelo het vanaf20 tot 29 September saam met drie onderwysers Viëtnam gaan verken.
Die nege dae was propvol nuwe ervarings en blootstelling aan verskeie kulture en hul gebruike.
Dit was ‘n kleurvolle, opwindende toer en die leerders en onderwysers het dit baie geniet, ten spyte van die drukkende hitte.
EHS is trots om leerders te hê wat regoor die wêreld die skool se naam met goeie gedrag en gees hoog hou.
Die toer het onder andere toeritseaantreklikhede, boot-, kano- en treinreise, inkopies, pragtige natuurskoon, plaaslike musiekvertonings, interessante disse en heerlike koffie ingesluit.
Die EHS-toeriste het altesaam byna 30 000 km in 10 dae verken en het beslis ryker uit hierdie ervaring getree.



