Schools

Ligbron se finesseweek inspireer leerders

Leerlinge is deur gassprekers toegespreek wat insiggewende praatjies gelewer het om hul te motiveer en inspireer.

ERMELO – Ligbron Akademie vir Tegnologie se jaarlikse Finesse en Ridderweek, met die tema ‘Ontsluit jou potensiaal’, het onlangs die leerders geïnspireer om bokant hulle omstandighede uit te styg.

Dié week wat ‘n hoogtepunt op die skoolkalender is, het deur die aanbieding van verskeie sprekers en unieke aktiwiteite, bewys dat elkeen die vermoë het om hulle drome te verwesenlik.

Die doel was om die leerders te help om hul potensiaal te ontgin, veral dié wat deur moeilike huislike omstandighede gaan of deur die samelewing se hoë standaarde oorweldig word.

Drie sprekers het uit hul eie lewens getuig hoe terugslae juis ‘n dryfveer vir sukses kan wees.

Lyla Macaulay, die voorsitter van die LCA, hou haar lyf model. Foto | Verskaf/Ligbron

Tessa Williamson, die uitvoerende hoof van Mediclinic Ermelo, het die dogters toegespreek.

Sy het vertel hoe sy, ná jare van huishoudelike geweld, moes besluit om van haar lewe ‘n sukses te maak.

Vandag is sy ‘n hoogs suksesvolle beroepsvrou en ‘n standvastige ma vir haar twee kinders.

Die seuns is deur Nicolas Swart geïnspireer, wat sy nagmerrie-ervaring toe hy tydens ‘n kanovaart op die Stormsrivier, byna verdrink het, gedeel het.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button