Hoërskool Ermelo se Dedré maak groot impak in klaskamer
Dedré Schoeman inspireer Ermelo-leerders met haar empatie, passie en toewyding in die klaskamer
ERMELO – Dedré Schoeman, ‘n wiskundeonderwyser van Hoërskool Ermelo, is deur verskeie leerders as ‘n onderwyser genomineer wat werklik die ekstra myl stap en elkeen laat glo dat hulle tot enigiets in staat is.
Sy het op Bethal grootgeword en haar skoolloopbaan aan die Privaatskool Hoëveldrif voltooi.
Na skool het sy aan die Universiteit van die Vrystaat gaan studeer en haar graad in B.Sc. genetika voltooi.
Gedurende haar studies is sy in haar tweede jaar genooi om verder in die VSA te studeer, iets waarteen sy besluit het omdat sy glo: “Jy moet blom waar jy geplant is.”
Hier was onderwys nog glad nie op haar radar nie en was sy passievol oor menslike genetika, met haar oog op verdere studies in genetiese berading.
“Ek was seker ek gaan ‘n onafhanklike, career-driven vrou wees wat ‘n verskil in die mediese wêreld gaan maak. Maar soos só dikwels in die lewe, het God my op ‘n ander pad geplaas,” het Schoeman vertel.

Sy en ‘n vriendin het besluit om eers hul onderwyskwalifikasie te voltooi voordat hulle honneurs aanpak.
In hierdie tyd het sy by verskeie skole in Bloemfontein gewerk, onder andere by Marthie du Plessis, ‘n skool vir kinders met serebrale gestremdheid.
“Dit was ‘n ongelooflike ervaring – dit het my nie net geleer van aanpassing nie, maar ook van dieper empatie.”
Schoeman het die Funza Lushaka-beurs ontvang en moes dit vir een jaar terugwerk.
Nou, meer as ‘n dekade later, is sy steeds tuis in die klaskamer.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



