Liggie-onnie sê: Elke kind wat probeer, is ’n wenner
Gert Pretorius inspireer Ligbron leerlinge met sy passie vir onderwys, mentorskap en elke kind se unieke waarde.
ERMELO – Gert Pretorius van Ligbron Akademie vir Tegnologie, het nie ‘n onderwysloopbaan beplan nie, maar het vertel dat hy ‘geroep’ is.
“Meneer Gert”, soos die Liggies hom ken, het in Trichardt grootgeword en was in Hoërskool Hoogenhout, waar hy in 1988 gematrikuleer het.
Ná matriek is hy na Danie Theron Krygskool in Potchefstroom vir sy weermagopleiding opgeroep waar hy sy vrou, Carien, deur ‘n gemeenskaplike vriendin ontmoet het, en ná 35 jaar is hulle steeds gelukkig saam.
“Ek het nie onderwys as ‘n beroep gekies nie – dit is op my hart gelê, ek is geroep,” het hy gesê.
Sy belangstelling in geskiedenis en geografie het hom na Noordwes-Universiteit (Pukke) gelei, waar hy sy BA HOD met hoofvakke in geografie en ekonomie voltooi het.
Vir hom is geografie ‘n lewende vak waarin jy daagliks in die natuur kan waarneem waarvan jy leer.

“Ek word gefassineer deur kaarte, die lyntjies op ‘n kaart vertel ‘n storie wanneer jy die taal daarvan verstaan.”
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



