Schools

Ligbron landsdiensleerders op pad na nasionale kamp

Ses Ligbron-leerders is na afloop van die kamp gerkies om die nasionale kamp later vanjaar by te woon, met een leerder wat as reserwe dien.

’n Totaal van 26 van Ligbron se landsdiensleerders het die afgelope vakansie die provinsiale landsdienskamp bygewoon wat van 2 – 6 Julie by Nkambeni naby Hazyview aangebied is.

Daar was 322 leerders van 11 verskillende skole wat die kamp bygewoon het. Hierdie leerders het almal megeding om ’n plek vir die nasionale kamp.

Op die kamp het die leerders aan ’n verskeidenheid aktiwiteite deelgeneem om die vier liefdes van landsdiens (liefde vir God, arbeid, ons medemens en die natuur) uit te leef.

Na afloop van die kamp is ses van Ligbron se leerders gekies om die nasionale kamp later vanjaar by te woon. Een leerder is as reserwe gekies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button