Ligbron Akademie vir Tegnologie wys nuwe leiers aan
Ontmoet die graad 11-leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie wat die leisels by die huidig graadtwaalfs sal oorneem.
Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs sy hoofleiers vir 2025/26 bekend gemaak, ná afloop van hul jaarlikse leierskamp.
Die nuwe leiers is ’n groep graad 11-leerders wat sedert graad 8 hul betrokkenheid en toewyding aan die skool bewys het.
Die dogters-leiers is: Katlego Mavimbela, Sunandi Struwig, Maretha Pretorius, Rethabile Ledwaba, Na’eela Baghalia, Eljoné van Niekerk, Zweli Ngomane, Tsebo Kekana, Duané Nel, Jyotikka Bhika, Lizé du Plessis, Bianca Breytenbach, Marli Vorster, Banele Tshabalala, Alexis Nel en Monya Thomas.

Die seuns-leiers sluit in: Uzair Bhamjee, WP Human, Sbongakonke Vilakati, Banele Mthombo, Koketso Khalo, Johardt Swanepoel, Franco Groenewald, Reghard Jansen van Rensburg, Lwazi Phakati, Slade Cooper, Raymond Strydom, Shane Mhlanga, Bongani Mkhondwane, Henco Scheepers en Albert Mitchell.

Volgens die skool demonstreer hierdie leerders nie net akademiese en sportprestasie nie, maar ook leierskap en toewyding wat die toekoms van Ligbron Akademie vir Tegnologie vorm.



