Schools
Ligbron leerlinge blink uit by Mpumalanga wiskundekompetisie
Ligbron se top wiskundeleerders het puik gevaar by die distriksuitdunne van die Mpumalanga Wiskundekompetisie met drie eerste plekke.
Ligbron se top wiskundeleerders het uitmuntend gevaar tydens die onlangse distriksuitdunne van die Mpumalanga Wiskundekompetisie wat by Wesselton Primary School aangebied is.
Die Liggies het drie eerste plekke ingepalm: Lewellyn Ludike (gr. 8), Jerome Krause (gr. 9) en William Clark (gr. 11) het almal as wenners uit die stryd getree.
Grace Berda, ook in gr. 11, het derde geëindig, en Marli Rautenbach (gr. 10) het haar plek onder die top tien verseker.
Hierdie puik prestasies verseker dat die groep Liggies op 15 en 16 Oktober aan die provinsiale uitdunne kan deelneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



