Ligbron hou interhuisredenaarskompetisie voor ATKV-ronde
Ligbron het onlangs hul interhuisredenaarskompetisie aangebied as voorbereiding vir vanjaar se landswye ATKV-redenaarskompetisie.
Ligbron het onlangs hul interhuisredenaarskompetisie aangebied as voorbereiding vir vanjaar se landswye ATKV-redenaarskompetisie.
In die senior huistaalafdeling is Eljoné van Niekerk as wenner aangewys. AJ van Niekerk het die tweede plek behaal, terwyl Berné Wentzel derde geëindig het.
In die junior huistaalafdeling het Luan van Niekerk die eerste plek verower.
Lewellyn Ludike was tweede en Elizka du Toit derde.
In die eerste addisionele taalafdeling het Zweli Ngomane die eerste plek behaal.
Nkazimulo Ntanzi het tweede geëindig, met Lindsey Mundava in die derde plek.
Die uitslae bepaal die leerders wat Ligbron in die volgende rondte van die ATKV-redenaarskompetisie sal verteenwoordig.



