Schools
JJ-redenaar blink uit by ATKV Redenaars
Amjee Mentz van Laerskool JJ van der Merwe wen Mpumalanga en dring deur na nasionale eindronde
Amjee Mentz, ’n leerder van Laerskool JJ van der Merwe, is as die Mpumalanga-wenner in die Graad 6- en Graad 7-Afrikaans Huistaal-afdeling aangewys tydens die ATKV Redenaars se halfeindronde wat op 15 Mei by Hoër Tegniese Skool Witbank (HTS) plaasgevind het.

Met dié prestasie het sy haar plek in die nasionale eindronde van die kompetisie verseker.
Sy sal op 5 Augustus aan die eindstryd deelneem wat by ATKV Klein Kariba aangebied word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



