Schools

Ligbron se gholfsterre verseker plek by nasionale kampioenskap

Die skool se eerste gholfspan het sterk kompetisie getroef om ’n plek by die nasionale kampioenskappe te verseker.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste gholfspan het as naaswenners by Gholf RSA se Mpumalanga-uitspele geëindig en daarmee ’n plek by die nasionale kampioenskappe in KwaZulu-Natal verseker.

Die span was die enigste skool uit die Gert Sibande-streek wat daarin geslaag het om vir die nasionale toernooi te kwalifiseer.

Hoërskool Nelspruit het die provinsiale titel verower, met Ligbron kort daarna in die tweede plek.

Die prestasie volg op ’n suksesvolle seisoen in die Gert Sibande Gholfliga, waar die A-span as ligawenners gekroon is.

Lees meer oor die uitslae van die Mpumalanga eindronde en Ligbron se ander spanprestasies in die Hoëvelder se gedrukte uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button