Schools

Errie-kokke deur na Nasionale Jeugskou-kampioenskap

Drie Hoërskool Ermelo-leerlinge het hul kulinêre vaardighede bewys deur by die Mpumalanga-uitdunne van die Nasionale Jeugskou te kwalifiseer vir die nasionale kampioenskap.

Drie leerlinge van Hoërskool Ermelo het onlangs deurgedring na die Nasionale Jeugskou-kampioenskap.

Die senior deelnemers, Abigail Eckerman en CJ Nelson, asook die junior deelnemer, Riané Broekman, het met hul kulinêre vaardighede beïndruk en gaan Mpumalanga op nasionale vlak verteenwoordig.

Tydens die uitdunne is deelnemers aan verskeie uitdagings onderwerp wat hul tegniese vaardighede, kreatiwiteit en aanbieding getoets het.

Die senior deelnemers, Abigail Eckerman en CJ Nelson, asook die junior deelnemer, Riané Broekman, het met hul kulinêre vaardighede beïndruk. Foto | Verskaf



Die junior kokke moes ’n quiche in ’n koppie, asook gestoofde vrugte voorberei.

Die senior deelnemers het op hul beurt hul kookvernuf ten toon gestel met die voorbereiding van bloubessiekonfyt, ’n wildspot en ’n bloubessiepoeding.

Hoërskool Ermelo het hulle gelukgewens met die prestasie en sterkte toegewens vir die volgende fase.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button