Duané Nel en Ligbron vier nasionale sukses in Geografie-olimpiade
'n Reeks uitstaande prestasies deur Ligbron-leerders het die skool onder die land se beste geografiespresteerders geplaas.
Duané Nel van die Ligbron Akademie vir Tegnologie het haar stempel afgedruk in die Suider-Afrikaanse Nasionale Geografie-olimpiade (SANGO).
Die skool het boonop as die beste Kwintiel 4/5-skool in Suid-Afrika geëindig.
Nel is aangewys as die algehele top Graad 12-leerling, die top Graad 12-leerling in Mpumalanga, en die algehele topmeisie.
Sy het ook die hoogste algehele punt in die olimpiade behaal en is met ’n platinum-toekenning as die nasionale wenner bekroon.
Die prestasie is verder aangevul deur Ligbron se erkenning as die beste Kwintiel 4/5-skool in Suid-Afrika tydens die olimpiade.
Verskeie ander Ligbron-leerlinge het ook uitstekende uitslae behaal:
Platinum-toekennings:
- Duané Nel (1ste)
- Bianca Breytenbach (2de)
- Marli Vorster (5de)
- Raymond Strydom (7de)

Goue toekennings:
- Furqaan Mohamed
- Siyamthanda Thwala
- Tsebo Kekana
Silwer-toekennings:
- Lethukuthula Nyazhujazi
- Murendeni Sinyosi
Brons-toekennings:
- Kaylee-Ann Schlebusch
- Silindokuhle Msibi



