Schools
Erries skitter in Dink of Sink-debat
Leerders van Hoërskool Ermelo het onlangs aan die Dink of Sink-onvoorbereide debatkompetisie deelgeneem, waar van die land se topskole teen mekaar meegeding het.
Leerders van Hoërskool Ermelo het onlangs aan die Dink of Sink-onvoorbereide debatkompetisie deelgeneem, waar van die land se topskole teen mekaar meegeding het.
Die kompetisie het skole soos Menlopark, Affies, Waterkloof, Helpmekaar College, Centurion en Noordheuwel byeen gebring.
Die Erries het besonder goed in die kompetisie gevaar, met die junior span wat as naaswenners van die Gauteng-streeksfinaal aangewys is.
Dié span het in die eindstryd teen Affies meegeding en moes die knie buig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!