Ná ’n week se rus is die rolbalbesigheidsliga weer in volle swang.
Met slegs drie wedstryde oor in dié reeks, is die mededinging straf met nie veel wat die spanne bo aan die punteleer van mekaar skei nie.
Die Underdogs loop voor in die Dinsdag-groep met agt punte, NWKV volg kort op hul hakke met sewe punte en die span van Ermelo Fitment Centre is tans in die derde plek met ses punte.
Die voorlopers met agt punte in die Donderdag-groep is die Brakecore A-span, Brakecore B is tweede in die groep met ses punte en in die derde plek Industrial Mining & Welding se span ook met ses punte.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



